VRAELYS OOR DIE BETEKENIS EN FUNKSIONERING VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT
- Agtergrondinligting
Die direksie van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument is tans besig met 'n omvattende oudit rakende die toekoms van die Voortrekkermonument (VTM) en die Erfenisstigting (ES) – (Hierna "VTM" genoem). Gegewe die finansiële omstandighede moet daar onder andere bepaal word wat die wenslikheid al dan nie daarvan is om hierdie instellings as nasionaal verklaarde instellings te laat registreer.
- Wie is ons wat hierdie vraelys administreer?
Ons is 'n sub-kommittee, ook bekend as die emosionele werkgroep wat deel uitmaak van die oudit, om die direksies van die VTM en ES te adviseer oor die huidige klimaat sowel as mobiliseringsmoontlikhede wat onder 'n diversiteit van Afrikaner en Afrikaanssprekende belanghebbendes bestaan rakende die VTM. Met hierdie inligting sal belangrike strategiese opsies oorweeg kan word.
- 'n Verklaarde instelling:
In die eenvoudigste moontlike terme is 'n verklaarde kulturele instelling (hierna net na verwys as "verklaarde instelling"), 'n instansie wat aan die staat behoort. Dit word 100% deur die staat befonds en hoewel ander fondsinsamelings-projekte gehou kan word, word die totale begroting besonder streng beheer en is die 'Public Finances Management Act - (PFMA)" 100% van toepassing. Met die ander funksies van so 'n instelling word nie ingemeng nie, maar aspekte soos swart ekonomiese bemagtiging ("BEE"), voorsieningsbestuur ("supply chain management"), aankope is 100% van toepassing. Geen ander instansie het ENIGE aandeel in enige aspek van die bestuur van verklaarde instellings nie.
- Instruksies
Hieronder volg 'n aantal vrae oor bestaande persepsies, indrukke en menings rakende die huidige en toekomstige aanwending van die VTM. U eerlike persoonlike mening is baie belangrik sodat ons 'n verteenwoordige indruk kry, een wat die huidige diversiteit van menings onder Afrikaners en Afrikaanssprekendes sal reflekteer. Die inligting sal vertroulik gehanteer word. Daarom word die vraelys ook anoniem ingevul.
U sal merk dat meeste van die antwoorde slegs met 'n kruisie aangedui kan word. Die tabel kan ook oorloop na die volgende blad. Lees dus al die opsies van die vraag noukeurig sodat u die essensie daarvan begryp voordat u reageer. In enkele gevalle word daar van u verwag om u antwoord met 'n woord of twee aan te dui. Hou dit asseblief kort en saaklik.
U sal merk dat die vraelys uit twee afdelings bestaan. Afdeling A is gerig op inligting van 'n persoonlike aard. Afdeling B handel oor persepsies, indrukke en menings.
- Afdeling A:
- In watter ouderdomsgroep val u?
- In watter provinsie is u woonagtig?
- Dui asseblief u geslag aan.
- Aan watter bevolkingsgroep behoort u?
- Dui aan by watter van die volgende kultuurorganisasies het u lidmaatskap (U kan een of meer aandui)?
- Afdeling B
Hieronder volg 'n aantal vrae wat daarop gerig is om u persepsies, indrukke en menings oor die VTM en sy gebruik te toets. Let op dat elke vraag op 'n eiesoortige manier geformuleer is. Lees dit daarom noukeurig deur en bestudeer die aard van die respons op elke vraag, bv. soms word slegs met 'n ja of nee geantwoord;
In ander gevalle moet u op 'n skaal reageer;
In enkele gevalle mag daar van u verwag word om 'n enkele sin of woord by te voeg.
- Ek besoek die VTM vir kultuurverwante aktiwiteite:
- Die VTM is vir my:
- In terme van wat dit vir my simboliseer voldoen die VTM aan my verwagtings:
- Wanneer ek die VTM besoek:
- In verhouding tot ander Afrikaner-kulturele erfgoed landwyd is die VTM:
- Vir sover dit besoeke aan die VTM aanbetref sou my voorkeur wees dat:
- Vir sover dit die gebruik van die VTM se fasiliteite aanbetref sou my voorkeur wees dat:
- Is u vertroud met die werksaamhede van die Erfenisstigting?
- Die VTM word effektief bestuur:
- Op wat berus u antwoord bostaande antwoord:
- U antwoord op bostaande vraag is nee, watter van die volgende is die belangrikste rede:
- Die versameling van Afrikaner-kulturele erfgoed by die VTM soos bewaar deur die ES word na my mening:
- Die strukture en omgewing by die VTM word na my mening:
- Volgens u mening dui aan in volgorde van belangrikheid (met 1 as die belangrikste en 7 as die onbelangrikste) die volgende finansiële bronne van die VTM:
- Met in agneming van die finansiële realiteite en die toekomstige rol wat die VTM moet speel:
- U staan die registrasie van die VTM as verklaarde instelling voor, dui aan watter van die volgende redes ondersteun u standpunt.
- U staan die registrasie van die VTM as verklaarde instelling teen, dui aan watter een van die volgende is vir u die belangrikste rede?
- As die VTM direksie sou besluit om nie as verklaarde instelling te registreer nie, is ek bereid om in my persoonlike hoedanigheid 'n gewaarborgde jaarlikse bedrag, soos hieronder aangedui, vir die voortbestaan van die VTM te skenk.
Baie dankie dat u ingewillig het om deel te neem aan hierdie opname. Die resultate sal met verloop van tyd deur u kultuurorganisasie aan u bekend gemaak word.