

Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in 'n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dit is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land.
Die Monument bestuur ook die Bloedrivier Erfenisterrein.
-
Neem asb kennis dat die noordelike hek van die Voortrekkermonument (Potgieterstraat) oop is vanaf 08:00 tot 16:00 elke dag.
|
-
Die Afrikaanse Winkel in die Erfenissentrum het die volgende opwindende boeke en DVD’s/CD’s in die winkel op die terrein van die Voortrekker Monument te koop.
Besoek gerus die Afrikaner uitstalling vir hierdie en baie ander interessante Afrikaanse boeke.
Die audioboek: Drie reisigers, Johan Bakkes, Dana Snyman en Johan Badenhorst vertel. Twee lekkerluister CD’s: R140.00
Die Voetspore Kookboek: R175.00
Voetspore Reisjoernale: Gansbaai tot Gaboen: R235.00, Kilimanjaro tot Kairo: R200.00, Kaap tot Kilimanjaro: R200.00
Voetspore DVD’s: Soos reisjoernale hiebo plus Voetspore in die Sand: R230,00.
|
|
|
-
Daar is verskeie fasiliteite teen billike pryse te huur by die Monument. Besoek gerus die fasiliteite bladsy vir meer inligting. Al die fasiliteite op die terrein is rolstoelvriendelik. Slegs gidshonde word op die terrein toegelaat.
|
|
|
|
|
 |
 |
|
Die datums vir die jaarlikse Antiek- en Versamelaarsmarkte hierdie jaar is :
21 Maart
16 Junie
9 Augustus
24 September
Daar sal 'n Militêre Mark op 1 Mei plaasvind.
|
|
|
|
|
|
|
.gif) |
 |
Desimale
grade:
X 28.175867
Y -25.776350
GPS:
X 28.10.5520
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34 |
|
|
|
|