
Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in 'n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dit is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land.
Die Monument bestuur ook die Erfenisstigting en beheer verskeie ander monumente en kultuurhistoriese terreine landwyd.

Desimale grade:
X 28.175867
Y -25.776350
GPS:
X 28.10.5520
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34

Kliek hier vir die VRAELYS OOR DIE BETEKENIS EN FUNKSIONERING VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT
|
|



VTM 60 Kunsuitstalling
Oop weeksdae van
08:00 – 16:00
|